Afrikaans Bible

HOSEA 5

HOSEA

Return to Index

Chapter 6

1

Kom en laat ons terugkeer tot die HERE; want Hy het verskeur en sal ons genees, Hy het geslaan en sal ons verbind.

2

Hy sal ons n  twee dae lewend maak, op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor sy aangesig kan lewe.

3

En laat ons ken -- laat ons dit najaag om die HERE te ken; sy opgang is so seker soos die dagbreek, en Hy sal tot ons kom soos die reën, soos die laat reëns wat die aarde besproei.

4

Wat sal Ek met jou doen, o Efraim; wat sal Ek met jou doen, o Juda? aangesien julle liefde is soos 'n môre wolk en soos 'n dou wat vroeg weer verdwyn.

5

Daarom het Ek hulle neergekap deur die profete, hulle gedood deur die woorde van my mond, en die oordele oor jou kom te voorskyn soos 'n ligstraal.

6

Want Ek het 'n behae in liefde en nie in offerande nie, en in kennis van God meer as in brandoffers.

7

Maar hulle het soos Adam die verbond oortree, daar het hulle troueloos teen My gehandel.

8

G¡lead is 'n stad van kwaaddoeners, vol bloedspore.

9

En soos 'n rower op die loer lê, loer 'n priesterbende; hulle pleeg moord op die pad na Sigem, ja, hulle het skandelike dade gedoen.

10

In die huis van Israel het Ek 'n afskuwelike ding gesien: Efraim het daar tot hoerery verval, Israel is verontreinig.

11

Ook vir jou, o Juda, is daar 'n oes beskik as Ek die lot van my volk verander.

HOSEA 7

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: