Afrikaans Bible

PREDIKER 12

HOOGLIED VAN SALOMO

Return to Index

Chapter 1

1

Die hooglied van Salomo.

2

Laat hy my kus met kusse van sy mond; want u liefde is kosteliker as wyn.

3

U salf is aangenaam van geur, u naam is soos salf wat uitgegiet is; daarom het die jonkvroue u lief.

4

Trek my agter u aan, laat ons gou maak! Die koning het my in sy binnekamers gebring. Ons wil juig en ons in u verheug, ons wil u liefde prys meer as wyn. Met reg het hulle u lief.

5

Ek is bruin gebrand maar lieflik, o dogters van Jerusalem, soos die tente van Kedar, soos die gordyne van Salomo.

6

Moenie na my kyk omdat ek so bruinerig is, omdat die son my verbrand het nie: die seuns van my moeder was toornig op my; hulle het my aangestel as oppasser van die wingerde; my eie wingerd het ek nie opgepas nie.

7

Vertel my tog, my sielsbeminde, waar laat u wei, waar laat u smiddags die vee lê en rus? Want waarom sou ek wees soos een wat haar met 'n sluier toedraai by die kuddes van u metgeselle?

8

As u dit self nie weet nie, mooiste onder die vroue, gaan dan uit op die spore van die skape en laat u bokkies wei by die hutte van die herders.

9

Met die perde voor 'n wa van Farao vergelyk ek u, my vriendin!

10

Lieflik is u wange tussen die kettinkies, u hals in die snoere.

11

Ons sal vir u goue kettinkies maak met silwerknoppe.

12

So lank as die koning aan sy tafel was, het my nardus sy geur gegee.

13

My beminde is vir my 'n bossie mirre wat tussen my borste rus.

14

My beminde is vir my 'n tros henna-blomme in die wingerde van ngedi.

15

Hoe mooi is u tog, my vriendin! Hoe mooi is u tog, u oë is soos duiwe!

16

Hoe mooi is u tog, my beminde, ja lieflik; ook is ons bed in die groenigheid.

17

Die balke van ons huise is seders, ons paneelwerk sipresse.

HOOGLIED VAN SALOMO 2

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: