Afrikaans Bible

PSALMS 55

PSALMS

Return to Index

Chapter 56

1

Vir die musiekleier; op die wysie van: "Die Duif van die ver Terebinte." Van Dawid. 'n Gedig, toe die Filistyne hom gevang het in Gat.

2

Wees my genadig, o God, want mense vertrap my; hy wat my beveg, verdruk my die hele dag.

3

My vyande vertrap my die hele dag, want baie veg teen my in hoogmoed.

4

Die dag as ek vrees, sal ‚k op U vertrou.

5

Deur God sal ek sy woord prys; ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan vlees my doen?

6

Die hele dag verdraai hulle my woorde; al hulle gedagtes is teen my, om kwaad te doen.

7

Hulle val aan, lê en loer -- hulle let op my hakskene net soos hulle op my lewe geloer het.

8

Ondanks hul ongeregtigheid -- sal hulle ontvlug? Werp volke neer in toorn, o God!

9

U het my omswerwinge getel; hou my trane in u kruik; is hulle nie in u boek nie?

10

Dan sal my vyande agteruitwyk op die dag as ek roep; dit weet ek dat God aan my kant is.

11

Deur God sal ek die woord prys; deur die HERE sal ek die woord prys.

12

Ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan 'n mens my doen?

13

Op my, o God, rus geloftes aan U gedoen; lofoffers sal ek U betaal; [ (Psalms 56:14) want U het my siel gered van die dood -- ja, my voete van struikeling -- om te wandel voor die aangesig van God in die lig van die lewe. ]

PSALMS 57

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: