Afrikaans Bible

2 KRONIEKE 14

2 KRONIEKE

Return to Index

Chapter 15

1

Toe het die Gees van God op As rja, die seun van Oded, gekom;

2

en hy het uitgegaan om Asa te ontmoet en vir hom gesê: Luister na my, Asa en die hele Juda en Benjamin! Die HERE is met julle as julle met Hom is, en as julle Hom soek, sal Hy Hom deur julle laat vind; maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat.

3

En daar was baie dae dat Israel sonder die ware God was en sonder 'n lerende priester en sonder wet.

4

Maar as hulle in die nood hul tot die HERE, die God van Israel, bekeer het en Hom gesoek het, het Hy Hom deur hulle laat vind.

5

En in die tye was daar geen vrede vir wie uit-- of ingegaan het nie, maar groot beroering oor al die inwoners van die lande;

6

en nasie het teen nasie en stad teen stad gebots, omdat God hulle deur allerhande nood in verwarring gebring het.

7

Wees julle dan sterk, en laat julle hande nie slap hang nie, want daar is loon volgens julle werk.

8

En toe Asa hierdie woorde en die profesie hoor wat As rja, die seun van Oded, gespreek het, het hy moed geskep en die verfoeisels verwyder uit die hele land Juda en Benjamin en uit die stede wat hy op die gebergte van Efraim ingeneem het; en die altaar van die HERE wat voor die voorportaal van die HERE was, het hy herstel.

9

Daarop vergader hy die hele Juda en Benjamin, ook die vreemdelinge wat uit Efraim en Manasse en uit S¡meon by hulle was; want uit Israel het hulle in menigte na hom oorgeloop toe hulle sien dat die HERE sy God met hom was.

10

En hulle het in Jerusalem byeengekom, in die derde maand van die vyftiende jaar van die regering van Asa,

11

en dieselfde dag aan die HERE geoffer van die buit wat hulle ingebring het, sewe honderd beeste en sewe duisend stuks kleinvee.

12

En hulle het die verbond aangegaan om die HERE, die God van hulle vaders, met hul hele hart en met hul hele siel te soek.

13

En elkeen wat die HERE, die God van Israel, nie soek nie, sou gedood word, klein en groot, manne sowel as vroue.

14

En hulle het vir die HERE gesweer met 'n groot stem en met gejuig en met trompette en basuine.

15

En die hele Juda was verheug oor die eed, want hulle het met hul hele hart gesweer en met hul hele wil Hom gesoek; en Hy het Hom deur hulle laat vind, en die HERE het hulle rus verskaf rondom.

16

Ja, selfs het hy M „ga, die moeder van koning Asa, afgesit as gebiedster, omdat sy 'n afgryslike voorwerp vir Asj‚ra gemaak het; en Asa het die afgryslike voorwerp omgekap en stukkend gestamp en in die dal Kidron verbrand.

17

Die hoogtes is wel nie uit Israel verwyder nie, maar Asa se hart was volkome al sy dae.

18

En hy het die heilige gawes van sy vader en sy eie heilige gawes in die huis van God ingebring: silwer en goud en allerhande voorwerpe.

19

En daar was geen oorlog tot in die vyf en dertigste jaar van die regering van Asa nie.

2 KRONIEKE 16

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: