Afrikaans Bible

1 KRONIEKE 14

1 KRONIEKE

Return to Index

Chapter 15

1

En hy het vir hom huise gebou in die stad van Dawid, en 'n plek reggemaak vir die ark van God en daarvoor 'n tent opgeslaan.

2

Toe sê Dawid: Niemand mag die ark van God dra nie, behalwe die Leviete; want die HERE het hulle uitverkies om die ark van God te dra en om Hom tot in ewigheid te dien.

3

En Dawid het die hele Israel in Jerusalem versamel om die ark van die HERE te bring na sy plek wat hy daarvoor reggemaak het.

4

En Dawid het die seuns van Aäron en die Leviete versamel:

5

van die seuns van Kehat: Uriël, die owerste, en sy broers, honderd en twintig;

6

van die seuns van Mer ri: As ja, die owerste, en sy broers, twee honderd en twintig;

7

van die seuns van Gersom: Joël, die owerste, en sy broers, honderd en dertig;

8

van die seuns van Elis fan: Sem ja, die owerste, en sy broers, twee honderd;

9

van die seuns van Hebron: liël, die owerste, en sy broers, tagtig;

10

van die seuns van Ussiël: Ammin dab, die owerste, en sy broers, honderd en twaalf.

11

En Dawid het Sadok en Abjatar, die priesters, en die Leviete Uriël, As ja en Joël, Sem ja en liël en Ammin dab laat roep

12

en aan hulle gesê: Julle is hoofde van families van die Leviete; heilig julle, julle en jul broers, en bring die ark van die HERE, die God van Israel, op na die plek wat ek daarvoor reggemaak het.

13

Want omdat julle in die begin nie by was nie, het die HERE onse God teen ons uitgebreek, omdat ons Hom nie gesoek het soos dit behoort nie.

14

Daarop het die priesters en die Leviete hulle geheilig om die ark van die HERE, die God van Israel, te gaan haal.

15

En die seuns van die Leviete het die ark van God, soos Moses volgens die woord van die HERE beveel het, op hulle skouers gedra, met die draaghoute op hulle.

16

En Dawid het aan die owerstes van die Leviete gesê om hulle broers, die sangers, op te stel met musiekinstrumente, harpe en siters en simbale, om hulle te laat hoor deur die stem met blydskap te verhef.

17

Die Leviete het toe Heman, die seun van Joël, opgestel, en uit sy broers Asaf, die seun van Ber‚gja; en uit die seuns van Mer ri, hulle broers, Etan, die seun van Kus ja;

18

en saam met hulle hul broers van die tweede rang: Sagar¡a, en Jas„iël en Sem¡ramot en Jeh¡ël en Unni, El¡ab en Ben ja en Maäs‚ja en Matt¡tja en Elif‚le en Mikn‚ja en Obed-Edom en Je‹-el, die poortwagters;

19

en die sangers Heman, Asaf en Etan om met kopersimbale musiek te maak;

20

en Sagar¡a en Asiël en Sem¡ramot en Jeh¡ël en Unni en El¡ab en Maäs‚ja en Ben ja met harpe, met sopraanstemme;

21

en Matt¡tja en Elif‚le en Mikn‚ja en Obed-Edom en Je‹-el en As sja met siters om in die bas leiding te gee.

22

En Ken nja, die owerste van die Leviete, was aangestel oor die vervoer; hy het die vervoer gereël want hy het dit verstaan.

23

En Ber‚gja en lkana was poortwagters by die ark.

24

En die priesters Seb nja en Josafat en Net neël en Am sai en Sagar¡a en Ben ja en Eliëser het op die trompette geblaas voor die ark van God uit; en Obed-Edom en Jeh¡a was poortwagters van die ark.

25

Dawid en die oudstes van Israel en die owerstes oor duisend het toe gegaan om die verbondsark van die HERE met vreugde uit die huis van Obed-Edom te gaan haal.

26

En terwyl God die Leviete help wat die verbondsark van die HERE dra, het hulle sewe bulle en sewe ramme geoffer.

27

En Dawid het 'n mantel van fyn linne aangehad, ook al die Leviete wat die ark gedra het, en die sangers en Ken nja, die owerste oor die voordrag van die sangers; en Dawid het 'n linneskouerkleed aangehad.

28

En die hele Israel het die verbondsark van die HERE gaan haal met gejuig en basuingeklank en met trompette en simbale, onderwyl hulle musiek maak op harpe en siters.

29

Toe die verbondsark van die HERE by die stad van Dawid kom, kyk Migal, die dogter van Saul, deur die venster uit en sien koning Dawid dans en speel, en sy het hom in haar hart verag.

1 KRONIEKE 16

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: