Afrikaans Bible

2 KONINGS 21

2 KONINGS

Return to Index

Chapter 22

1

Jos¡a was agt jaar oud toe hy koning geword het, en het een en dertig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Jed¡da, 'n dogter van Ad ja, uit Boskat.

2

En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE en geheel en al in die weg van sy vader Dawid gewandel en nie regs of links afgewyk nie.

3

En in die agttiende jaar van koning Jos¡a het die koning Safan, die skrywer, die seun van As lia, die seun van Mesullam, in die huis van die HERE gestuur en gesê:

4

Gaan op na Hilk¡a, die hoëpriester, en laat hy die geld optel wat in die huis van die HERE gebring is, wat die drumpelwagters versamel het uit die volk,

5

en laat hulle dit oorhandig aan die uitvoerders van die werk wat aangestel is oor die huis van die HERE, sodat hulle dit kan gee aan die wat die werk doen, wat in die huis van die HERE is om die bouvallige plekke van die huis te herstel,

6

aan die skrynwerkers en bouers en messelaars, en om hout en gekapte klippe te koop om die huis te herstel.

7

Maar daar is nie met hulle afgereken oor die geld wat in hulle hand gegee is nie, want hulle het met getrouheid gehandel.

8

Toe sê die hoëpriester Hilk¡a vir Safan, die skrywer: Ek het die wetboek in die huis van die HERE gevind; en Hilk¡a het die boek aan Safan gegee, en hy het dit gelees.

9

Daarna het Safan, die skrywer, by die koning gekom en die koning antwoord gebring en gesê: U dienaars het die geld uitgeskud wat in die huis te vinde was, en dit oorhandig aan die uitvoerders van die werk wat aangestel is oor die huis van die HERE.

10

Daarop gee Safan, die skrywer, die koning te kenne en sê: Die priester Hilk¡a het my 'n boek gegee. En Safan het dit aan die koning voorgelees.

11

En toe die koning die woorde van die wetboek hoor, het hy sy klere geskeur;

12

en die koning het bevel gegee aan Hilk¡a, die priester, en Ah¡kam, die seun van Safan, en Agbor, die seun van Mig ja, en Safan, die skrywer, en As ja, die dienaar van die koning, en gesê:

13

Gaan raadpleeg die HERE vir my en vir die volk en vir die hele Juda oor die woorde van hierdie boek wat gevind is; want die grimmigheid van die HERE is groot wat teen ons ontvlam het, omdat ons vaders nie geluister het na die woorde van hierdie boek om te handel volgens alles wat ons voorgeskrywe is nie.

14

Toe gaan die priester Hilk¡a en Ah¡kam en Agbor en Safan en As ja na die profetes Hulda, die vrou van Sallum, die seun van Tikwa, die seun van Harhas, die klerebewaarder -- sy het in Jerusalem in die Nuwe Stad gewoon -- en hulle het met haar gespreek.

15

En sy sê aan hulle: So spreek die HERE, die God van Israel: Sê aan die man wat julle na my gestuur het --

16

so spreek die HERE: Kyk, Ek bring 'n onheil oor hierdie plek en oor sy inwoners, al die woorde van die boek wat die koning van Juda gelees het;

17

omdat hulle My verlaat en vir ander gode offerrook laat opgaan het, om My met al hul handewerk te terg; daarom sal my grimmigheid ontvlam teen hierdie plek en nie uitgeblus word nie.

18

Maar aan die koning van Juda wat julle stuur om die HERE te raadpleeg, aan hom moet julle so sê: So spreek die HERE, die God van Israel: Wat die woorde betref wat jy gehoor het --

19

omdat jou hart week is en jy jou voor die aangesig van die HERE verneder het toe jy hoor wat Ek oor hierdie plek en oor sy inwoners gespreek het, dat hulle 'n voorwerp van verbasing en vervloeking sal word, en omdat jy jou klere geskeur en voor my aangesig geween het, daarom het k ook verhoor, spreek die HERE.

20

Daarom, kyk, Ek sal jou by jou vaders versamel, en jy sal met vrede in jou graf versamel word, en jou oë sal al die onheil nie aansien wat Ek oor hierdie plek bring nie. En hulle het die koning antwoord gebring.

2 KONINGS 23

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: